Bakoor  Plaas Akommodasie is geleë 20 Km buite Parys op die Parys/Fochville pad in die Noordwes provinsie.

Ons het luukse selfsorg eenhede wat 4-6 persone kan huisves.

Elke eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuis met en-suite badkamers.

Elke eenheid is privaat met sy eie besondere uitsig oor die bos- omgewing waar  jy kan ontspan en die unieke sonsondergange kan geniet op die stoep en terselfdetyd die natuurlewe kan ervaar.

Daar is ook verskeie vrylopende wild wat gesien kan word soos rooibokke, blesbokke asook 'n wye verskeidenheid van voëlspesies.

Elke eenheid het ook sy eie braaiplek waar mens ten volle kan ontspan en die buitelug kan geniet en ervaar. Besoekers kan ook per voet of fiets die roetes op die plaas aandurf en visvang uitstappies kan gereël word by die onderskeie geriewe in die area