Bakoor

Plaas Akkommodasie

Ons bied bekostigbare verblyf aan waar u die natuur ten volle kan beleef in ‘n rustige omgewing met wild en verskeie voëlspesies.

Wat bied Bakoor

Bakoor Plaas Akkommodasie bied 5 selfsorg-eenhede, boskamp staanplekke met 2 ablusieblokke, ‘n groot swembad  en ook ‘n plaas venue vir enige geleentheid. Ons is op ‘n plaas net 20 km vanaf Parys en 40 km vanaf Fochville geleë.

Die selfsorg-eenhede is elkeen gerieflik ingerig vir 2 tot 6 gaste en die venue is geskik vir tot en met 110 gaste. Kom parkeer ook gerus jou karavaan of slaan jou tent op by enige van ons kamp staanplekke in die bos.

Die eenhede het elkeen ‘n kombuis wat toegerus is met ‘n stoof en ‘n oond, ‘n yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe en privaat braaigeriewe wat ook ‘n boma insluit. Parkeerplek is beskikbaar.

Bakoor Plaas Akkommodasie kan te voet of per fiets verken word en verskeie voëlspesies en wildspesies soos rooibokke en blesbokke kan besigtig word. Let asseblief daarop dat troeteldiere, motorfietse en vierwielmotorfietse nie toegelaat word nie, maar gaste kan gerus hul eie fietse saambring.

Besoek Bakoor Plaas Akkommodasie vir asemrowende uitsigte, rustigheid in die natuur en ‘n wegbreek van die bedrywige stadslewe.

Beplan jou perfekte bos wegbreek

Bakoor is gerieflik geleë, 15 min van Parys, die gewilde toerisme dorpie in die Vrystaat langs die Vaalrivier.

Parys en die omgewing bied verskeie aktiwiteite om te geniet en Bakoor is ‘n klip-gooi van al die aksie af.

Eenheid no 1: Bakoor Brahman

Dubbel verdieping eenheid met ‘n slaapkamer op elke vloer

Eenheid no 2 : Bakoor Jakkals

Een kamer met 1 dubbelbed en
2 enkelbeddens

Eenheid no 3 : Bakoor Rooibok

Een kamer met 1 dubbelbed en2 enkelbeddens

Eenheid no 4: Springbok

Een kamer met ‘n dubbel en enkelbed

Eenheid no 5: Koedoe

Een kamer met dubbelbed en enkelbed

Kampering

Geniet die natuur met ‘n egte plaas kamp ervaring.

Bakoor Saal

Onthaal tot 90 mense in die natuur

Kapel

Die perfekte plaas in die natuur troue.
Ons kan tot 70 gaste in die Kapel akkommodeer.

Swembad en Badkamer geriewe

Meer info

Kenmerke

Ons praat Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

Swembad
Braaiplek
Kombuisgeriewe
Selfsorg
WiFi

Aktiwiteite op perseel

Voëlkyk
Fietsry
Wildkyk
Begeleide Wandelpaaie
Swem
putt putt

 

Aktiwiteite Naby

Kunsvlieghengel
Visvang
Zip-line
Kuns en Kultuur
Wit-water Roei
Leeuplaas
Restaurante

Reëls

Geen diere, motorfietse of quads word op die plaas toegelaat nie.
Besoekers word ook versoek om geen buitensporige lawaai te maak nie en veral versigtig te wees met braaivleis vure.

Wat ons gaste sê

Saligheid!! vrede en rus.
Net wat die dokter voorgeskryf het.
Baie dankie vir jou vriendelike, gasvryheid Annelize!
Julle sal ons verseker weer sien.
Groete & Jesus liefde

Andries en Magda

Paasnaweek 2023

Dankie vir die lekker tydjie, ons het dit baie geniet.
Oulike plekkie dis “homie”. Sal ons defnitief weer sien.

JJ, Jason, Natasha, Tamika

2 – 4 Desember 2022

Annelize en gesin.
Baie dankie vir die onvergeetlike lang naweek.
Hier verloor ons ons harte en kom tel ons dit weer op.
Julle plekkie het net iets spesiaal. Dis net onbeskryflik.
As ons hier ry voel als net nie normaal nie, so asof mens nog wil bly.
Ons sal elke keer terugkom na jul stukkie hemel op aarde.
Elke keer is anders, nooit dieselfde experience nie.
(Voorspoed en seen met jul nuwe bou projekte).

Piet & Nellie de Beer

7 – 10 April 2024

Baie dankie vir hierdie wonderlike naweek!
Sal enige tyd weer kom kuier.
Dit was baie skoon en ‘n pragtige uitkyk!

Jenna Johlene, Johan

25 – 30 April 2023

Baie dankie vir ‘n heerlike, rustige aandjie uit.
Dit is net wat ons nodig gehad het.
Pragtige skoon en netjiese plek.
Ons sal defnitief weer kom, dit het ons
Huweliksherdenking van 46 jaar nodig gehad.

Billie & Alta Christie

25 September 2022